In terme van die voorsiening van artikel 48(1)(b) van die Nasionale Kredietwet, gelees saam met die relevante registrasie voorwaardes deur die Wet op individuele kredietverskaffers opgelê, het die kredietbedryf - soos verteenwoordig deur die Nasionale Kredietbedryf Stuurkommittee - tot die gevolgtrekking gekom dat dit in die beste belang van verbruikers, die bedryf en kredietverskaffers sal wees om ‘n bedryfsooreengekome vrywillige skuldhersiening proses vir finansieel behoeftige verbruikers as deel van ‘n bedryf-gedragskode om oorverskuldigdheid te bekamp bekend te stel, om die statutêre skuldberading bepalings aan te vul en kredietverskaffers die geleentheid te bied om aan hulle registrasievoorwaardes te voldoen.

Omdat vrywillige skuldhersiening die instemming van alle geaffekteerde partye vereis, is ooreenkoms ten opsigte van die proses van vrywillige skuldhersiening op bedryf- en individuele vlak noodsaaklik, sowel as die gestandardiseerde toepassing van sulke ooreengekome reëls, om vrywillige skuldhersiening effektief om bedryfsvlak te kan laat werk.

Die gevolgtrekking is gemaak dat die suksesvolle implementering van die bedryfskema die vestiging van ‘n nie-winsgewende organisasie sal noodsaak, met, as stigterslede, die vier vrywillige assosiasies van kredietverskaffers wat die oorgrote meerderheid krediet in die mark verskaf, naamlik die Bank Assosiasie, die Verbruikerskrediet Assosiasie, die Meubelhandelaars Assosiasie en Mikrofinansies Suid-Afrika (MFSA).

Voortspruitend is die Nasionale Skuld Mediasie Assosiasie gestig en geïnkorporeer as ‘n assosiasie sonder winsbejag onder Artikel 21 van die Maatskapyewet.

Onder andere het die NSMA dit ten doel om:

  • Reëls vir die bepaling van finansiële behoeftigheid, skuld mediasie en skuldhersiening om in die skema toe te pas te vestig en te beheer.

  • Bepaalde sentrale fasilitering-tegnologiese kapasiteit te vestig, te besit en te bestuur.

  • Vrywillige skuld mediasie diensverskaffers te akkrediteer.

  • Betalings-verspreiding agente vir die administrasie van skuldhersiening ooreenkomste te akkrediteer.

  • ‘n Beoordelaar diens te verskaf om instemming te fasiliteer in gevalle waar kredietverskaffers nie daarin slaag om konsensus op die uitkoms van skuld mediasie onder die skema te bereik nie.

  • Ander dienste te voorsien soos wat die bedryf van tyd tot tyd aan die organisasie toeskryf.

Vir meer inligting, skakel met jou bedryfsektor assosiasie, of die NSMA by (011) 645-6707